
HSP
Roger Nupie onsigbare verbintenis
HAAR HANDSKRIF vir my grootmoeder, Tine Van Der Sloten (1897-1990) I Van haar moeder bly die gemis van weggooigoed. Van haar vader die lewenslange herkou aan wysheid. Van haar kleinseun die klein ergernis, 'n onvoorwaardelike liefde. Die ure saam, en die ure wat ek haar vergeet het. II Ten slotte sê sy die see, laat haar koud Skynbaar soos die dood in November. Een keer snik sy oor twee oorlede vriendinne Eén in Brussel, eén in Amerika, wie sy nooit besoek het nie. III Sy vlieg twee maal, laat brandende huise agter haar. Van toe af praat sy nougeset 'n volle uur voor sy gaan slaap. Oor haar ontberings skryf sy nooit 'n enkele woord. En tog, baie keer: haar handskrif langsaam stewig. IV Nooit leer sy van bier en wyn en die trae troos Wel van blomme, sodra die tyd na haarself draai Haar vol ronde liggaam krimp tot een klein hartseer So asof die lewe wat tog só mooi lyk haar argwaan wek. V As sy dink aan haar man en haar seun wat mense van haar ontneem het Vrijf sy oor die vel van haar huid, wat dunner word Soos die tuin wat haar wêreld was, die blomme wat skroei Sien sy die son steeds vinniger ondergaan.
Paul Gellings, Joris Iven, Roger Nupie, Hannie Rouweler, Guy van Hoof.
Vertaling verse Nederlands-Afrikaans: Floris Brown.
Om n grootmoeder se agteruitgaan só te beskryf is van onophoudelik te huil
en in jouself te sterf soos Roger Nupie dit stel in - IV - “Haar vol ronde
van haar huid,/ wat dunner word.// Soos die tuin wat haar
steeds vinniger/ ondergaan”.
liggaam/ krimp/tot een kleine hartseer - V - “Vrijf sy oor die vel/
wereld was,/ die blomme wat skroei/ Sien sy die son/
‘n Digter wat weet hoe om emosie in jou wakker
te maak.
(Floris Brown)
Demer Press, 2011